Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 1:14-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. EN nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig

15. en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

16. En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

17. En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.

18. En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.

19. En toe Hy daarvandaan ’n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.

20. En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.

21. EN hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

22. En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

23. En daar was in hulle sinagoge ’n man met ’n onreine gees; en hy het uitgeskreeu

Lees volledige hoofstuk Markus 1