Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 9:37-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. EN op die volgende dag toe hulle van die berg afklim, kom ’n groot skare Hom tegemoet.

38. En daar roep ’n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy is my enigste.

39. En kyk, ’n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.

40. En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.

41. Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.

42. En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.

43. En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:

44. Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.

45. Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.

46. EN daar het ’n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.

Lees volledige hoofstuk Lukas 9