Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 7:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op!

15. En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.

16. En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sê: ’n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek.

17. En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Judéa en in die hele omtrek.

18. EN die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring.

19. En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

20. En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

21. En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.

22. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

23. En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.

24. En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? ’n Riet wat deur die wind beweeg word?

Lees volledige hoofstuk Lukas 7