Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 6:7-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Hom in die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle ’n aanklag teen Hom kon vind.

8. Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het opgestaan.

9. Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle ’n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat — om goed te doen of kwaad te doen; om ’n lewe te red of óm te bring?

10. En nadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

11. En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.

12. EN Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.

13. En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:

14. Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;

15. Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat Yweraar genoem word;

16. Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.

17. EN Hy het met hulle afgeklim en op ’n gelyk plek gaan staan, en daar was ’n skare van sy dissipels en ’n groot menigte van die volk van die hele Judéa en Jerusalem en die kusstreek van Tirus en Sidon af,

Lees volledige hoofstuk Lukas 6