Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 6:24-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.

25. Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.

26. Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.

27. Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.

28. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

29. Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.

30. Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

31. En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.

32. En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.

33. En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

Lees volledige hoofstuk Lukas 6