Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 5:20-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

21. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?

22. Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?

23. Wat is makliker, om te sê: Jou sondes is jou vergewe; of om te sê: Staan op en loop?

24. Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

25. Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.

26. En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien.

27. EN ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en ’n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.

28. En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.

29. En Levi het ’n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was ’n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.

30. En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?

31. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

Lees volledige hoofstuk Lukas 5