Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 3:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

10. En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?

11. En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

12. En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?

13. En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.

14. En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

15. En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,

16. antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

17. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.

18. Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

Lees volledige hoofstuk Lukas 3