Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 24:49-53 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

49. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

50. EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.

51. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

52. En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.

53. En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.

Lees volledige hoofstuk Lukas 24