Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 24:31-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

32. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

33. Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,

34. wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.

35. Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.

36. EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

37. Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ’n gees sien.

38. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

39. Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

40. En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.

41. En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?

Lees volledige hoofstuk Lukas 24