Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 24:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.

3. En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.

4. En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.

5. En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

6. Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:

7. Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.

8. En hulle het sy woorde onthou.

Lees volledige hoofstuk Lukas 24