Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 23:49-56 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

49. En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.

50. EN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man

51. — hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, ’n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.

52. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra

53. en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.

54. En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.

55. En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.

56. Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.

Lees volledige hoofstuk Lukas 23