Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:31-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.

32. En ten laaste het die vrou ook gesterwe.

33. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

34. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;

35. maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.

36. Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.

37. En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.

38. Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.

39. En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.

40. En hulle het Hom nie meer iets durf vra nie.

41. TOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42. En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand

43. totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

44. Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?

45. EN terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:

46. Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.

47. Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal ’n swaarder oordeel ontvang.

Lees volledige hoofstuk Lukas 20