Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:27-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. EN sommige van die Sadduseërs het gekom — hulle wat ontken dat daar ’n opstanding is — en Hom gevra

28. en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.

29. Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en kinderloos gesterwe.

30. En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.

31. En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.

32. En ten laaste het die vrou ook gesterwe.

33. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

34. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;

35. maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 20