Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:2-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?

3. En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra — sê vir My:

4. die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?

5. Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

6. En as ons sê: Uit mense — sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes ’n profeet is.

7. Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.

8. En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

9. TOE begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: ’n Sekere man het ’n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir ’n geruime tyd op reis gegaan.

10. En op die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.

11. En hy het weer ’n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.

Lees volledige hoofstuk Lukas 20