Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ’n seun van Abraham is.

10. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

11. EN terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ’n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.

12. Hy het dan gesê: ’n Man van hoë geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom.

13. En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.

14. Maar sy medeburgers het hom gehaat en ’n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.

15. En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.

16. En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.

17. En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.

18. En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.

Lees volledige hoofstuk Lukas 19