Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:17-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.

18. En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.

19. En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.

20. En ’n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ’n doek weggesit het;

21. want ek was bang vir u, omdat u ’n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.

22. Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ’n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

23. Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.

24. En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het —

25. en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde —

26. want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.

27. Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

28. En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.

29. EN toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur

30. en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle ’n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

Lees volledige hoofstuk Lukas 19