Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 18:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop dat ’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

2. en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.

3. En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.

4. En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,

5. tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.

6. Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.

7. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?

8. Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Lees volledige hoofstuk Lukas 18