Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.

2. Dit is beter vir hom as ’n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.

3. Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.

4. En as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.

5. Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.

6. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees.

7. En wie is daar van julle wat ’n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?

8. Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

Lees volledige hoofstuk Lukas 17