Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 13:28-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.

29. En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.

30. En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.

31. EN op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.

32. En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar.

33. Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ’n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.

34. Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.

35. Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

Lees volledige hoofstuk Lukas 13