Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 13:18-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. EN Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?

19. Dit is soos ’n mosterdsaad wat ’n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en ’n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.

20. En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?

21. Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

22. EN onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.

23. Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:

24. Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

25. Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop — sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.

26. Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.

27. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!

Lees volledige hoofstuk Lukas 13