Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 12:47-55 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

47. En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;

48. maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

49. EK het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!

50. Maar Ek het ’n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!

51. Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.

52. Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.

53. Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

54. EN Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.

55. En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.

Lees volledige hoofstuk Lukas 12