Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 10:31-42 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En bygeval het ’n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32. En net so het ook ’n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

33. Maar ’n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

34. en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ’n herberg geneem en vir hom gesorg.

35. En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

36. Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

37. En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

38. EN op hulle reis het Hy in ’n sekere dorp gekom, en ’n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

39. En sy het ’n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

40. Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.

41. Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;

42. maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 10