Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 10:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:

11. Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.

12. En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.

13. Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

14. Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

15. En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.

Lees volledige hoofstuk Lukas 10