Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 10:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

2. Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

3. Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

4. Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.

5. En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!

6. En as dáár ’n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

Lees volledige hoofstuk Lukas 10