Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:69-80 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

69. en ’n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg —

70. soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af —

71. redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,

72. om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,

73. aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee

74. dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,

75. in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.

76. En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;

77. om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,

78. deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,

79. om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.

80. En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1