Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:53-67 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

53. Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.

54. Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink —

55. soos Hy tot ons vaders gespreek het — aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.

56. En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.

57. EN die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar.

58. En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.

59. En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader.

60. Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.

61. En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie.

62. En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

63. Hy vra toe ’n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.

64. En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God geloof.

65. En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Judéa.

66. En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.

67. EN Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

Lees volledige hoofstuk Lukas 1