Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:33-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

34. Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?

35. En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

36. En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook ’n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.

37. Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

38. En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.

39. EN in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na ’n stad van Juda;

40. en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.

41. En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees

Lees volledige hoofstuk Lukas 1