Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:21-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.

22. Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ’n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

23. En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.

24. En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:

25. So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.

26. EN in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret,

27. na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.

28. En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1