Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:9-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. saam met Onésimus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.

10. Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, ontvang hom —

11. ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ’n troos vir my.

12. Épafras wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.

13. Want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.

14. Die geneesheer Lukas, die geliefde, en Demas groet julle.

15. Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4