Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ’n troos vir my.

12. Épafras wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.

13. Want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.

14. Die geneesheer Lukas, die geliefde, en Demas groet julle.

15. Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.

16. En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees.

17. En sê aan Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.

18. Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4