Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BETOON reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ’n Here in die hemele het.

2. VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;

3. en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,

4. dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.

5. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.

6. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

7. AL my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4