Ou Testament

Nuwe Testament

Judas 1:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.

20. Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

21. en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

22. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;

23. maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.

24. Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25. aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.

Lees volledige hoofstuk Judas 1