Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 9:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat blind was van sy geboorte af.

2. En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?

3. Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.

4. Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

5. So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.

Lees volledige hoofstuk Johannes 9