Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 8:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR Jesus het na die Olyfberg gegaan.

2. En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.

3. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.

4. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap;

5. en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?

6. En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.

7. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ’n klip op haar gooi.

8. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.

Lees volledige hoofstuk Johannes 8