Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 7:6-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie Maar julle tyd is altyd daar.

7. Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.

8. Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.

9. En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.

10. MAAR nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.

11. En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?

12. En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.

13. Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode.

14. En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.

15. En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?

16. Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.

17. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

18. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.

19. Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?

Lees volledige hoofstuk Johannes 7