Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 7:40-51 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

40. Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.

41. Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?

42. Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?

43. Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.

44. En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.

45. Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?

46. Die dienaars antwoord: Nooit het ’n mens so gespreek soos hierdie mens nie.

47. En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?

48. Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?

49. Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!

50. Nikodémus — hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was — sê vir hulle:

51. Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?

Lees volledige hoofstuk Johannes 7