Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 7:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.

15. En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?

16. Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.

17. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

18. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.

19. Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?

20. Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?

21. Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.

22. Daarom het Moses julle die besnydenis gegee — nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders — en op die sabbat besny julle ’n mens.

23. As ’n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek ’n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?

24. Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel.

Lees volledige hoofstuk Johannes 7