Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:62-71 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

62. Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?

63. Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

64. Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.

65. En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.

66. Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

67. Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?

68. En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

69. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.

70. Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!

71. En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6