Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:59-66 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

59. Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.

60. EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?

61. En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ’n aanstoot?

62. Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?

63. Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

64. Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.

65. En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.

66. Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6