Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:32-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.

33. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.

34. Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.

35. En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

36. Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.

37. Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

38. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

39. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.

40. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

41. Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.

42. En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?

43. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6