Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:33-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.

34. Maar Ek neem die getuienis van ’n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.

35. Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir ’n tyd in sy lig te verbly.

36. Maar Ek het ’n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

37. En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.

38. En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.

39. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

40. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.

41. Eer neem Ek van die mense nie aan nie.

42. Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

43. Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ’n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Lees volledige hoofstuk Johannes 5