Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:29-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

30. Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

31. As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.

32. Daar is ’n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.

33. Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.

34. Maar Ek neem die getuienis van ’n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.

35. Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir ’n tyd in sy lig te verbly.

36. Maar Ek het ’n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

37. En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.

38. En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.

39. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

40. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.

41. Eer neem Ek van die mense nie aan nie.

42. Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

43. Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ’n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

44. Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?

45. Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig — Moses op wie julle gehoop het.

46. Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.

47. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?

Lees volledige hoofstuk Johannes 5