Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:19-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ’n profeet is.

20. Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.

21. Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.

22. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.

23. Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

24. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

25. Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.

26. Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!

27. En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met ’n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?

28. Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:

29. Kom kyk ’n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?

Lees volledige hoofstuk Johannes 4