Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 3:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN daar was ’n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ’n owerste van die Jode.

2. Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.

3. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

4. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

5. Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

6. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

7. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Lees volledige hoofstuk Johannes 3