Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 2:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN op die derde dag was daar ’n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.

2. En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.

3. En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.

4. Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.

5. Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.

6. En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.

7. Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

8. En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar En hulle het dit gebring.

9. En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het — en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet — roep die hoofdienaar die bruidegom

10. en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.

11. Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.

12. Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.

13. EN die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.

14. En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.

15. En Hy het ’n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.

Lees volledige hoofstuk Johannes 2