Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 17:17-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

18. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

19. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

20. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo —

21. dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

22. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

23. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

24. Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

25. Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 17