Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 16:27-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.

28. Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.

29. Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie.

30. Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.

31. Jesus antwoord hulle: Glo julle nou?

32. Kyk, die uur kom en het nou gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat; tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.

33. Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Lees volledige hoofstuk Johannes 16