Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:26-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon.

27. En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.

28. Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.

29. Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.

30. Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

31. EN toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.

32. As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.

33. My kinders, nog ’n klein tydjie is Ek by julle Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie — so sê Ek nou ook vir julle.

34. ’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Lees volledige hoofstuk Johannes 13