Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:18-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

19. Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.

20. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

21. TOE Jesus dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

22. En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.

Lees volledige hoofstuk Johannes 13