Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?

13. Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

14. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.

15. Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.

16. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.

17. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.

18. Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

19. Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.

20. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 13